Hierdie foto moes net sy pad vind na my blog toe. Die probleem was dat daar 'n paar "chromatic abberations" was wat ek net nie kon afskud nie. So bietjie experimenteer later en dit was die resultaat.
Ek het die "Thresholds" gestel en dit 'n 2 kleur foto gemaak.
Hier is Zeke by die see, weer reg om te speel nadat hy vroeer die dag 32km gaan draf het. In die agtergrond is 'n paar surfers wat afstap teen die strand om te gaan surf.
Tuesday, 24 May 2011
Monday, 23 May 2011
Jaco se "Kamers"
Kamers 17 het gister so paar fun waves gehad. Die conditions was glassy met geen wind nie. Alhoewel ek gehoop het om 'n paar van myself te kry, was meeste van Jaco. :-)
Monday, 16 May 2011
Thursday, 12 May 2011
Monday, 9 May 2011
Terug
![]() |
kaart |
Hierna was ons kuslangs oppad Lambertsbaai toe om eers middagete te gaan geniet by Muisbosskerm. Vir die wat nog nooit daar was nie, dit is beslis die moeitewerd om te gaan. Muisbosskerm is 'n opelig restaurant reg op die strand, so 4km Suid van Lambertsbaai. Hulle bedien hooefsaaklik 'n verskeidenheid vis en vis geregte. Daar is ook vars gebakte plaas tiepe brood en konfyt en vir nagereg koeksusters en koffie.
Besig om die vis te vlek by Muisbosskerm |
Selfs die seevoëls kom nader omdat hulle weet dat daar sal iets te eet wees |
Intussen is hulle besig om boorgate teen die kus te installeer. Hulle gaan seewater ontsout in Lamberts vir gebruik in hierdie gebied. |
Ladybug wat ons kom groet by die tafel |
Terene |
Norwegian Salmon |
Oppad terug Kaap toe het ons deur Elandsbaai gery en was deur 'n klomp dassies gegroet.
Dassie |
Klein baaitjie tot by Strandfontein
![]() |
kaart |
Van die laaste kampplek kon ons nog 'n ent kuslangs ry en het op nog 'n paar kampeerders afgekom. By groot gedeeltes van die kus is die erosie baie erg soos jare se mynwerke die area opgemors het. Daarna moes ons binneland toe ry om 'n stuk myngebied waar ons laas amper gearesteer was na Lutzville. Hier kon ons darem die voorraad aanvul en selfs weer diesel kry. Van Lutzville was dit weer terug see toe, na Strandfontein.
Tiepies hoe hierdie area lyk. |
So bly daars weer selfoon ontvangs! |
Vetplante |
Ek het op hierdie wit outjie afgekom. Nie seker wat dit is nie, maar hy het nogals rondbeweeg op die boom. |
Hier's hy weer van nader. |
![]() |
Noord van Strandfontein (4 fotos) |
Sonsondergang teen die ruite van die huise. |
![]() |
Strandfontein |
Dam tot klein baaitjie
![]() |
kaart |
Van die dam kampplek het ons verby myngronde en deur Brand se baai gegaan. Ons het 'n prospekteurings groef teen die see gekry wat beskutting bied, maar toe ons terug ry Brand se baai toe om te kyk of ons dalk daar moet gaan kamp het ander kampers dit gevat.
vetplant |
katoen tiepe plant |
Brand se baai |
blommetjie by die see |
Hierdie was die eerste kraan wat ons in seker 'n week of meer gesien het. |
Wave |
Ons het 'n kampplek gekry en nou is dit eers tyd vir afkoel en speel |
Swem en bamboes speletjies |
Dis te koud vir my! Ek kan amper nie eens my voete in die water kry nie. |
Ek kom nie terug tent toe nie ek wil nog speel! |
Interessante rotse met klomp vingers |
Hierdie groen bugs was orals in hierdie tiepe bome. Natuurlik agter die blommetjies aan. |
Friday, 6 May 2011
Skuinsbaai tot dam
![]() |
kaart |
Eers het ons hierdie bokkie gesien. |
Oor Groenrivier het ons aangegaan in die Kaapse rigting. Op 'n stadium het ons twee ander 4x4's gevolg tot op die strand by hierdie wrak. Na fotos het dit 3 keer bande afblaas gekos (die laaste keer met daardie mense se meter om dit presies tot 800psi-1 bar te kry). Hulle se toe ek moet Lowrange, 2de rat en vet gee om teen die duin uit te kom. Teen daardie stadium was daai Cooper STT bande soos tenk ruspers en het laat waai teen die duin uit, vrag en al.
Wrak |
Bakkie en wrak in die agtergrond |
Die wind was sterkerig en dit was tyd om 'n skuiling te soek wat beskut was sodat ons die tent kon opslaan. Ons het 'n paar plekke gesien, tot ons op 'n lee sement dam afkom. Ok, my idee, maar dit het goed gewerk.
Net voor sonsopkoms, maan en sterre |
Terene sit op die sement dam se wal |
Kamp, bakkie, tent, dam |
Hier's die dam weer leeg |
Subscribe to:
Posts (Atom)