Pages

Friday, 6 May 2011

Hondeklipbaai tot Spoegrivier

Hondeklipbaai tot Spoegrivier

In Hondeklipbaai aangekom was ons eerste stop sommer by die wrak van Aristea. Daar is 'n paar braaiplekke en selfs 'n paar kampeerders. Aangesien dit 1 uur die oggend was, het ons sommer agter in die bakkie geslaap.


Wrak van Aristea

Dievolgende oggend moes ons gaan melk koop by een van die twee kafees op Hondeklipbaai. Dit was die enigste item wat ons vergeet het. Die eienaar wys ons toe in die rigting van 'n restaurant waar mens kan koffie kry. Die Rooi Spinnekop het die lekkerste koffie, omelette en broodjies. Sal beslis weer daar stop.


Die Rooi Spinnekop aan die binnekant
Van hier is dit toe tyd om in die rigting van die Spoegrivier grotte te gaan. Oppad is daar 'n bouval van wat heel moontlik 'n plaashuis was en hier kon ons eers 'n paar fotos neem.



Terene

Spoegrivier grotte

Skillie, Terene, Zeke

Daar was 'n groot kouefront oppad Kaap toe en ons was nog nie seker of dit ons sou tref nie. Ons kon 'n baie goeie kampplek kry en dit was ook goed beskut teen die wind.

Maanlig wat deur die tent se boonste vlap skyn
Dievolgende oggend was daar 'n baie mooi sonsopkoms voordat dit tyd was vir koffie, oppak en aanbeweeg na 'n nuwe avontuur en kampplek.


Sonsopkoms

1 comment:

  1. Otto ~
    Dis 'n spoggerige skets van julle besoek aan Hondeklipbaai en Spoegrivier. Dalk kan jy so iets sommer vir 'n tydskrif soos Weg! stuur.
    Snoekie

    ReplyDelete