Rhinos killed to date 2012

* 1105 Rhinos killed in 2016 in SA, (668 in 2012 / 1004 in 2013 / 1215 in 2014 / 1175+ in 2015)

Pages

Monday, 9 May 2011

Klein baaitjie tot by Strandfontein

kaart
Ons het eers vir nog 'n draf gegaan al langs die kus af. My "running partners" het dit omtrent geniet en selfs 'n wilde kat in die see se rigting gejaag. Hulle spoed het die van die wilde kat gematch, want hy kon nie van hulle ontslae raak nie. Ek het hulle dadelik terug geroep aangesien ek nie wou he dat hulle moontlik met krapmerke moes terug kom nie.
Van die laaste kampplek kon ons nog 'n ent kuslangs ry en het op nog 'n paar kampeerders afgekom. By groot gedeeltes van die kus is die erosie baie erg soos jare se mynwerke die area opgemors het. Daarna moes ons binneland toe ry om 'n stuk myngebied waar ons laas amper gearesteer was na Lutzville. Hier kon ons darem die voorraad aanvul en selfs weer diesel kry. Van Lutzville was dit weer terug see toe, na Strandfontein.

Tiepies hoe hierdie area lyk.

So bly daars weer selfoon ontvangs!





Vetplante

Ek het op hierdie wit outjie afgekom. Nie seker wat dit is nie, maar hy het nogals rondbeweeg op die boom.

Hier's hy weer van nader.

Noord van Strandfontein (4 fotos)

Sonsondergang teen die ruite van die huise.

Strandfontein
Hierdie is 'n panorama van 10 fotos van Strandfontein. Die probleem met hierdie tiepe fotos is as daar bewegende gedeeltes is, soos in hierdie geval die see, dan las dit nie mooi nie. In elkgeval, dit beeld steeds vir Strandfontein mooi uit.

1 comment:

  1. Otto ~
    Weet jy wanneer was ek die eerste keer Strandfontein en Doringbaai? Toe daar nog net 'n hotel was. Dink dit was in 1971.
    Snoekie

    ReplyDelete