Rhinos killed to date 2012

* 1105 Rhinos killed in 2016 in SA, (668 in 2012 / 1004 in 2013 / 1215 in 2014 / 1175+ in 2015)

Pages

Friday, 6 May 2011

Skuinsbaai tot dam

kaart
Alhoewel ons 'n goeie kampplek gesien het, het ons besluit om uit die natuur reservaat te gaan en verder te verken.


Eers het ons hierdie bokkie gesien.




Oor Groenrivier het ons aangegaan in die Kaapse rigting. Op 'n stadium het ons twee ander 4x4's gevolg tot op die strand by hierdie wrak. Na fotos het dit 3 keer bande afblaas gekos (die laaste keer met daardie mense se meter om dit presies tot 800psi-1 bar te kry). Hulle se toe ek moet Lowrange, 2de rat en vet gee om teen die duin uit te kom. Teen daardie stadium was daai Cooper STT bande soos tenk ruspers en het laat waai teen die duin uit, vrag en al.

Wrak

Bakkie en wrak in die agtergrond

Die wind was sterkerig en dit was tyd om 'n skuiling te soek wat beskut was sodat ons die tent kon opslaan. Ons het 'n paar plekke gesien, tot ons op 'n lee sement dam afkom. Ok, my idee, maar dit het goed gewerk.
Net voor sonsopkoms, maan en sterre

Terene sit op die sement dam se wal

Kamp, bakkie, tent, dam
Hier's die dam weer leeg

1 comment:

  1. A nee a! Wat breek julle die damwal so! Ek dink dis uit frustrasie omdat julle die bande soveel keer moes afblaas en weer oppomp.

    ReplyDelete