Rhinos killed to date 2012

* 1105 Rhinos killed in 2016 in SA, (668 in 2012 / 1004 in 2013 / 1215 in 2014 / 1175+ in 2015)

Pages

Friday, 6 May 2011

Spoegrivier tot Skuinsklip

Spoegrivier tot Skuinsklip

As gevolg van die kouefront met 6-7m swell wat die Kaap geslaan het, het dit by ons ook begin aankom.




Selfs 'n see eend het begin wonder wat op sy speelgrond aangaan.

See eend
Selfoon sein het 'n dag terug al weg geraak en op hierdie stadium kon ons net een strepie optel deur op die hoogste rotse te staan. Suid van Spoegrivier is daar geen ontvangs nie. Die boere in hierdie gedeeltes maak staat op landlyne en sateliet fone.
Vir seker 160km seelangs Suid van Hondeklipbaai is daar ook geen water of fasiliteite nie. Dus moet mens als saamry. Ons het 75 lieter water (plus koedrank en bier) en 20 lieter diesel gebring. Die kompressor is ook ingepak aangesien daar gedeeltes met sagte sand en duine is en hier moet die bande afgeblaas word.

Dievolgende stop was die Policeman's Helmet. Nou het die swel al behoortlik opgetel tot omtren 3 keer overhead!


Policeman's Helmet

Wave
'n Entjie aan is daar 'n vars water fontein. Ek het dit ongelukkig nog nooit afgeneem nie, maar dit is gewoonlik 'n stilhou punt.

Seal Colony
Hierdie keer was ek beter voorbereid en wou 'n paar goeie fotos en videos van die robbe kry. Dis nie die grootse kolonie in Suid Afrika nie, maar dit is baie interessant om hulle af te neem en te sien hoe hulle speel (of heel moontlik rondgeslaan word in hierdie grootte golwe).
Inligtingsbord




'n wave wat van agter oor die rotse slaan



Slaap in die son is een van ons favourite past times

Ek het hierdie babatjie wakker gemaak. Kyk hoe deur die slaap is hy nog.

Nog 'n son slaper

En nog

Wat gaan hier aan?

Ok, dan sal ek maar verder slaap.



Hierna het ons 'n duine gedeelte gekry en moes meer binneland se kant toe ry en dan weer afkom see toe deur die Bitterrivier (wat nie veel water in het nie).
Die kouefront was sterk besig om in te kom en het die middag al reen gebring. Dit sou nog 'n bakkie slaap aand word. Eers moet daar gebraai word (tussen die reen buie).

Ek (Spikkels) sal die braaivleis oppas.
Die oggend het ons die eerste keer gaan draf na Two Oceans. Wat 'n wonderlike plek om te draf. Ons slaan toe 'n reguit pad (opdraande tot halfpad) in. Dis die middelste pad wat verby 'n paar plase gaan na Garies. Die honde geniet dit baie en ek moet hulle elke nou en dan terug roep sodra hulle op die reuk van 'n haas of bok afkom. By die omdraai sien ek so waarlik nog 'n drawwer wat in my rigting draf. Net iemand wat al deur hierdie gebied is, sal verstaan hoe klein die waarskynlikheid van nog 'n drawwer is. Ek wag toe tot hy by my is. Dis 'n mountain biker van George wat hier op 'n plaas kom kuier het en besig is om te oefen. Wat kom agter hom aan? 'n Tri colour Border Collie! Ok, so hier draf ons toe almal terug see toe. Eweskielik is ons 3 drawwers en 3 en 'n half skaaphonde (Spikkels tel as 'n half).

1 comment:

  1. Otto ~
    Dit lyk na 'n hemel op aarde vir draf.
    Kan jy glo daar was regtig nog 'n drawwer met nog 'n herdershond!
    Ek glo natuurlik nie Spikkels het die braaivleis net opgepas nie. Sy het dalk sommer 'n stuk gegaps wat julle nie eers agtergekom het nie.
    En, wat die robbe betref, wat is lekkerder - ook vir 'n mens - as sonslaap?!
    Snoekie

    ReplyDelete