Rhinos killed to date 2012

* 1105 Rhinos killed in 2016 in SA, (668 in 2012 / 1004 in 2013 / 1215 in 2014 / 1175+ in 2015)

Pages

Monday, 9 May 2011

Terug

kaart
By Strandfontein het ons eers als opgepak sodat dit klaar is en het daarna gaan draf na Doringbaai en terug. Dit is beslis (net soos ons vorige 2 drafroetes) 'n rave run. Dit is ongelooflik mooi. Ek het 'n punt gemaak daarvan om so na aan die rant van die kranse te bly as moontlik. Dit is moeiliker, maar baie mooi. Ongelukkig kon ek nie draf met my kamera nie, maar sal 'n punt maak daarvan om dit een of ander tyd te gaan stap en wel af te neem.
Hierna was ons kuslangs oppad Lambertsbaai toe om eers middagete te gaan geniet by Muisbosskerm. Vir die wat nog nooit daar was nie, dit is beslis die moeitewerd om te gaan. Muisbosskerm is 'n opelig restaurant reg op die strand, so 4km Suid van Lambertsbaai. Hulle bedien hooefsaaklik 'n verskeidenheid vis en vis geregte. Daar is ook vars gebakte plaas tiepe brood en konfyt en vir nagereg koeksusters en koffie.


Besig om die vis te vlek by Muisbosskerm

Selfs die seevoëls kom nader omdat hulle weet dat daar sal iets te eet wees

Intussen is hulle besig om boorgate teen die kus te installeer. Hulle gaan seewater ontsout in Lamberts vir gebruik in hierdie gebied.


Ladybug wat ons kom groet by die tafel

Terene

Norwegian Salmon
Hierdie Norwegian Salmon het BAIE prys gekry, want dit was baie lekker. Blykbaar is dit omdat hy met express courier gekom het van Noorweë en nog nooit gevries was nie.

Oppad terug Kaap toe het ons deur Elandsbaai gery en was deur 'n klomp dassies gegroet.
Dassie

1 comment:

  1. Otto ~

    Jy gee 'n aanloklike advertensie vir Muisbosskerm by Lambertsbaai. Boonop 'n oulike foto van Terené.

    Wil sommer daar gaan kuier, soos vir die vis en die tipe plaasbrood!

    Snoekie

    ReplyDelete