Hier voor jou waar die swembad is, kan mens nog verder suid langs die strand af beweeg, na 'n plek toe bekend as die Withuis, waar ek ook 'n keer was.
Trouens, jare gelede het ook Mou 'n werkswinkel in Durban gaan bywoon, en die klein Maltees in die slaapkamer gelos. Toe die skoonmakers die deur oopmaak, het hy die hasepad gekies, en moes hulle die wêreld vol soek om hom te vang!
Ja, so sien mens Durban in die nag! Daar in die verte, met die ligtoring, is die Bluff, waar ek meer as een keer by die verkenningsregiment se opleidingsentrum was. Dis 'n uitloper in die see, soos Seinheuwel, net kleiner.
Ek het ook al kongresse in Durban bygewoon en dit dan geniet om 'n uitsig op die see te hê.
Jy neem regtig treffende foto's. Sal graag jou Canon met die los lens wil sien.
Otto ~
ReplyDeleteHier voor jou waar die swembad is, kan mens nog verder suid langs die strand af beweeg, na 'n plek toe bekend as die Withuis, waar ek ook 'n keer was.

Snoekie