Aasvoël op poteMet geslepe oë en lae agterlyfsluip ek deur die bosop soek na iets te aasna 'n repie vleis'n stukkie oorblykosom alles te verslindwat vreters in die veld vir my laat lossodat my kragtige kaak en tande dituit mekaar kan skeur Omdat ek hiëna ook aan jou wil leken jou wil hêis wat ek sê:Dis beter as jyop 'n ander plek gaan lêSien jy my skelm nader sluip: Gebruik jou kopgee vinnig pad niks sal my stopPasop! Pasop!
Aasvoël op pote
ReplyDeleteMet geslepe oë
en lae agterlyf
sluip ek deur die bos
op soek na iets te aas
na 'n repie vleis
'n stukkie oorblykos
om alles te verslind
wat vreters in die veld
vir my laat los
sodat my kragtige kaak
en tande dit
uit mekaar kan skeur
Omdat ek hiëna
ook aan jou wil lek
en jou wil hê
is wat ek sê:
Dis beter as jy
op 'n ander plek gaan lê
Sien jy my
skelm nader sluip:
Gebruik jou kop
gee vinnig pad
niks sal my stop
Pasop! Pasop!