Dié wat so raas en aandag trek die eerste TV-nuusberig en voorblad haal: altyd bobbejane bó-op die paal om net so gou weer te verdwaal
Hulle wys vir almal hulle plesier en pyn voor hulle môre weer uit die oog verdwyn
Maar dié wat waardig is wat peins, soos jý het in die woud sy eie koers gekry om met oë vir die nag en maanhaarprag so geduldig vir die regte tyd te wag
Omdat jy jouself beheer met 'n onsigbare mag behoort aan jou die nag én dag Waar kry jy dié geheime krag?
Love this photo!
ReplyDeleteThank you, Happy Little Feet!
ReplyDeleteMý pad
ReplyDeleteDié wat so raas
en aandag trek
die eerste TV-nuusberig
en voorblad haal:
altyd bobbejane
bó-op die paal
om net so gou
weer te verdwaal
Hulle wys vir almal
hulle plesier en pyn
voor hulle môre weer
uit die oog verdwyn
Maar dié wat waardig is
wat peins, soos jý
het in die woud
sy eie koers gekry
om met oë vir die nag
en maanhaarprag
so geduldig vir
die regte tyd te wag
Omdat jy jouself beheer
met 'n onsigbare mag
behoort aan jou
die nag én dag
Waar kry jy dié
geheime krag?